Sunday, 6 September 2009

6 September



Deur Afrikaner Volksparty

Sondag, 06 September 2009

Dr HF Verwoerd

Vandag, 6 September 2009, dink ons met weemoed terug aan 43 jaar gelede toe een van die grootste leiers van Suid-Afrika, dr Hendrik Frensch Verwoerd, op 6 September 1966 gesterf het aan die hand van die kommunis Dimitri Tsafendas, 'n geestesversteurde sluipmoordenaar, gehuur deur die internasionale vyande van die Afrikanervolk.

Hierdie verfoeilike daad staan vandag as rotsvaste bewys van die vrees wat ons volksvyande vir die Afrikanervolk koester, in so 'n mate dat die grootste Afrikaner ooit uit die weggeruim moes word sodat hulle kon voortgaan met hulle vernietigingswerk.

Maar die Afrikanervolk wil vandag nie net hulde bring aan een van die grootste Staatsmanne van Suid-Afrika nie. Ons wil vandag ook aan ons vyande sê dat julle plan nooit sal slaag nie, julle kan ons nie vernietig nie, want ware nasionalisme in 'n volk is 'n groter mag as die wankelende fondament van die liberalisme, kommunisme en die geldmag van die wêreld.

Bring vandag saam met ons hulde aan dr HF Verwoerd en lees weer die artikel wat reeds tevore spesifiek vir hierdie gedenkdag geskryf is deur dr SH Gregan by hierdie skakel:

http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1294:dr-hf-verwoerd-die-grootste-afrikaner-ooit&catid=16:artikels&Itemid=12

Oorsprong: Afrikaner Volksparty werf
http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1396:6-september&catid=16:artikels&Itemid=12

Vir meer artikels, raadpleeg asseblief die argiewe en soekenjin in die sykolom.
For more articles, please use the archives section or search engine in the sidebar.